2 Hy het die slavinne en hulle kinders voor laat loop. Agter hulle het Lea en haar kinders geloop, en Ragel en Josef was laaste.
3 Jakob het voor hulle geloop en hy het sewe maal laag gebuig, tot hy by sy broer gekom het.
4 Esau het na hom toe gehardloop en hy het vir Jakob omhels. Hy het sy arms om Jakob se nek gesit en hom gesoen, en hulle het gehuil.
5 Toe Esau kyk, sien hy die vroue en die kinders en hy vra: “Wie is hierdie mense by jou?”Jakob het geantwoord: “Dit is die kinders wat God vir my gegee het. God was baie goed vir my.”
6 Toe kom die slavinne en hulle kinders nader en hulle buig voor Esau,
7 en ná hulle kom ook Lea en haar kinders nader en hulle buig. Laaste het Josef en Ragel nader gekom en hulle het gebuig.
8 Toe vra Esau: “Hoekom het jy al daardie goed vir my gegee?”En Jakob antwoord: “Dit is ’n present sodat Meneer vriendelik sal wees met my.”