7 en ná hulle kom ook Lea en haar kinders nader en hulle buig. Laaste het Josef en Ragel nader gekom en hulle het gebuig.
8 Toe vra Esau: “Hoekom het jy al daardie goed vir my gegee?”En Jakob antwoord: “Dit is ’n present sodat Meneer vriendelik sal wees met my.”
9 Toe sê Esau: “My broer, ek het self baie goed. Hou dit alles, dit moet joune bly.”
10 Maar Jakob het gesê: “Nee, as Meneer vriendelik wil wees met my, dan moet jy asseblief my present aanvaar, want ek het dit vir jou gegee soos ’n mens iets vir God gee. En jy was vriendelik met my.
11 Neem asseblief die present wat ek vir jou gebring het, want God was goed vir my, en ek het alles wat ek moet hê.”So het Jakob aangehou, en Esau het toe die present geneem.
12 Esau het vir Jakob gesê: “Kom ons gaan verder. Ek sal voor jou gaan.”
13 Maar Jakob het vir hom gesê: “Meneer, jy weet die kinders by ons is klein en swak. Ek moet ook nog die skape en beeste oppas, en die lammers en kalwers wat aan hulle suip. Hulle sal doodgaan as ek hulle net een dag te vinnig aanjaag.