1 God het vir Jakob gesê: “Jy moet gereedmaak. Jy moet na Bet-El gaan en daar gaan woon. Jy moet daar ’n altaar bou vir My. Ek is die God wat aan jou verskyn het toe jy weggevlug het van jou broer Esau.”
2 Jakob sê toe vir sy huisgesin en almal wat by hom was: “Gooi weg al die beelde van ander volke se gode wat by julle is. Reinig julle en trek ander klere aan.
3 Ons moet gereedmaak en na Bet-El gaan, sodat ek daar ’n altaar kan bou vir God wat geluister het na my gebed en wat my gehelp het toe ek groot probleme gehad het. Hy was by my oral waar ek gegaan het.”
4 Hulle gee toe vir Jakob al die beelde wat hulle gehad het van ander volke se gode, en ook al hulle oor-ringe. Jakob het dit alles begrawe onder die boom by Sigem.
5 Toe Jakob en sy mense wegtrek, het God die mense van die stede om hulle so bang laat word dat hulle nie vir Jakob en sy seuns gevolg en gejaag het nie.
6 Jakob en almal wat by hom was, het by die stad Lus in Kanaän aangekom. Lus se ander naam was Bet-El.
7 Jakob het daar ’n altaar gebou en hy het die plek El-Bet-El genoem, want God het daar aan hom verskyn toe hy weggevlug het van Esau.