15 Jakob het die plek waar God met hom gepraat het, Bet-El genoem.
16 Jakob en sy mense het van Bet-El getrek na Efrata. Hulle was nog nie naby Efrata nie, toe het Ragel ’n kind gekry. Sy het baie pyn gehad toe die kind gebore is.
17 Toe sê die vrou wat haar gehelp het: “Moenie bang wees nie, want jy het nou nog ’n seun gekry.”
18 Ragel was besig om te sterf, en terwyl sy haar laaste asem uitblaas, het sy die seuntjie Ben-Oni genoem. Maar sy pa Jakob het hom Benjamin genoem.
19 Ragel het gesterf en hulle het haar begrawe langs die pad na Efrata. Efrata se ander naam is Betlehem.
20 Jakob het ’n gedenksteen op haar graf gesit. Dit is die gedenksteen wat vandag nog op Ragel se graf is.
21 Jakob het toe verder getrek en hy het sy tente anderkant die stad Migdal-Eder opgeslaan.