1 Jakob het in Kanaän gewoon. Sy pa Isak was voorheen daar ’n vreemdeling.
2 Hier is die verhaal van Jakob se familie. Josef was jonk, hy was 17 jaar oud en hy het skape en bokke opgepas saam met sy broers, die seuns van sy pa se vroue Bilha en Silpa. Josef het vir sy pa stories vertel oor wat sy broers gedoen het.
3 Jakob se ander naam was Israel. Jakob was meer lief vir Josef as vir al sy ander seuns omdat Josef gebore is toe Jakob al oud was. Jakob het vir Josef ’n lang rok met moue gemaak.
4 Sy broers het gesien dat hulle pa meer lief is vir Josef as vir hulle. Daarom het hulle vir Josef gehaat. Hulle wou niks goed van hom sê nie, hulle het gewens dat dit sleg gaan met hom.
5 Josef het een nag gedroom en hy het vir sy broers vertel wat hy gedroom het. Toe het hulle hom nog meer gehaat.