12 Josef se broers het hulle pa se skape en bokke naby die stad Sigem gaan oppas.
13 Jakob het vir Josef gesê: “Jou broers pas die skape en bokke op in Sigem. Jy moet na hulle toe gaan.”Josef het gesê: “Goed, Pa, ek sal gaan.”
14 Toe sê Jakob vir Josef: “Gaan kyk of dit goed gaan met jou broers en of dit goed gaan met die skape en bokke. Gaan kyk en kom vertel alles vir my.”So het Jakob vir Josef uit die Hebron-vallei gestuur, en Josef het na Sigem gegaan.
15 Josef het in die veld geloop, en ’n man het hom gesien. Die man vra toe vir hom: “Wat soek jy?”
16 Josef antwoord hom: “Ek soek my broers. As jy weet waar hulle die skape en bokke oppas, sê asseblief vir my.”
17 Die man sê toe: “Hulle is nie meer hier nie. Hulle het weggegaan van hier. Ek het gehoor hulle sê hulle gaan na Dotan.”Josef het sy broers gevolg en hy het hulle in Dotan gekry.
18 Hy was nog ver van hulle, toe het hulle hom gesien aankom. Voordat hy by hulle gekom het, het hulle ’n plan gemaak om hom dood te maak.