22 Moenie bloed laat vloei nie. Gooi hom in hierdie put in die veld, maar moenie hom doodmaak nie.”Ruben het dit gesê sodat hy later vir Josef kon red en hom na sy pa toe kon laat teruggaan.
23 Toe Josef by sy broers kom, het hulle sy lang rok uitgetrek, die lang rok met moue.
24 Hulle vat hom toe en gooi hom in die put. Die put was leeg, daar was nie water in nie.
25 Hulle gaan sit toe om te eet, en toe hulle kyk, sien hulle ’n klomp Ismaeliete wat uit Gilead kom. Hulle was handelaars en daar was boomgom, balsem en hars op hulle kamele. Hulle wou dit na Egipte neem om te verkoop.
26 Juda sê toe vir sy broers: “Ons sal niks kry as ons ons broer Josef doodmaak en daaroor stilbly nie.
27 Kom ons verkoop hom aan die Ismaeliete. Ons moenie hom doodmaak nie. Onthou, hy is ons eie broer.”Juda se broers het toe na hom geluister.
28 Toe die handelaars van Midian verbykom, het Josef se broers hom uit die put opgetrek en hulle het hom aan die Ismaeliete verkoop vir 20 stukke silwer. Die handelaars het vir Josef saamgeneem na Egipte.