30 Hy het teruggegaan na sy broers toe en hy het vir hulle gesê: “Die kind is nie meer daar nie. Wat moet ek nou doen?”
31 Die broers slag toe ’n bok en hulle vat Josef se lang rok en smeer dit vol bloed.
32 Toe stuur hulle sy rok na hulle pa toe en hulle laat weet vir hom: “Ons het hierdie rok opgetel. Kyk of dit miskien jou seun Josef se rok is.”
33 Jakob het daarna gekyk en gesê: “Dit is my seun se rok. ’n Wilde dier het hom doodgemaak en opgevreet. Die dier het my seun Josef verskeur!”
34 Jakob was baie hartseer. Hy het sy klere geskeur en rouklere aangetrek. Hy het ’n lang tyd oor sy seun gehuil en getreur.
35 Al sy seuns en dogters het gekom om hom te troos, maar hy wou nie hê dat hulle hom moet troos nie. Hy het gesê: “Ek sal aanhou treur oor hom totdat ek sterf.”Jakob het baie oor Josef gehuil.
36 Die Midianiete het vir Josef in Egipte aan Potifar verkoop. Potifar was ’n belangrike amptenaar van die farao. Hy was hoof van die wagte wat die farao moes oppas.