1 In daardie tyd het Juda weggegaan van sy broers. Hy het sy tent opgeslaan in Adullam, naby ’n ander man, sy naam was Gira.
2 Daar het Juda ’n meisie van Kanaän gesien. Haar pa se naam was Sua. Juda het met haar getrou en hy het seks gehad met haar.
3 Sy het swanger geword en ’n seun gekry. Juda het hom Er genoem.
4 Sy het weer swanger geword en weer ’n seun gekry en sy het hom Onan genoem.