22 Gira gaan toe terug na Juda toe en sê vir hom: “Ek het haar nie gekry nie, en die mense van daardie plek sê ook daar is nie ’n tempel-prostituut daar nie.”
23 Toe sê Juda: “Sy mag die goed hou. Ek wil nie hê die mense moet ons spot nie. Ek het die bok-lam gestuur, maar jy kon haar nie kry nie.”
24 Omtrent drie maande later het die mense vir Juda vertel: “Jou skoondogter Tamar het seks gehad met ’n man, sy was soos ’n slegte vrou. Sy is nou swanger.”Juda sê toe: “Bring haar uit sodat ons haar kan verbrand.”
25 Die mense het haar uitgebring, maar sy het vir haar skoonpa ’n boodskap gestuur: “Ek is swanger, en hierdie goed behoort aan die man wat seks gehad het met my. Kyk asseblief goed wie se seëlring en toutjie en kierie dit is.”
26 Juda het gesien dat dit sy eie goed is en toe sê hy: “Sy is onskuldig. Dit is ék wat verkeerd is, want ek het nie my seun Sela met haar laat trou nie.”Juda het nie weer seks gehad met haar nie.
27 Die tyd het gekom dat die kind gebore moes word, en Tamar het ’n tweeling gekry.
28 Toe die babas gebore word, steek die een sy hand uit. Die vrou wat vir Tamar gehelp het, neem toe ’n stuk rooi garing en bind dit om sy arm. Sy het gesê: “Hierdie een het eerste uitgekom.”