1 Die Ismaelitiese handelaars het vir Josef na Egipte gebring. ’n Belangrike amptenaar, Potifar, het hom gekoop. Potifar was die hoof van die wagte wat die farao moes oppas.
2 Die Here was by Josef, en dit het baie goed gegaan met alles wat hy gedoen het. Hy het in die huis van sy eienaar in Egipte gewoon.
3 Potifar het gesien dat die Here by Josef is. Hy het gesien dat die Here dit goed laat gaan met alles wat Josef doen.
4 Daarom was Potifar baie vriendelik met Josef, en Josef moes self vir Potifar kos bedien. Hy het vir Josef die hoof gemaak oor sy hele huis en alles wat hy het.