4 Daarom was Potifar baie vriendelik met Josef, en Josef moes self vir Potifar kos bedien. Hy het vir Josef die hoof gemaak oor sy hele huis en alles wat hy het.
5 Nadat Potifar vir Josef gekies en aangestel het oor sy huis en oor alles wat hy het, het die Here hom en sy huis geseën. Die Here het alles geseën in Potifar se huis en in sy boerdery.
6 Potifar het hom oor niks bekommer nie, want hy het geweet dat Josef alles wat hy het, goed sal oppas. Hy het nie gedink aan enige iets wat hy het nie, hy het net gedink aan die kos wat hy geëet het.
7 Nadat Josef die bestuurder van die huis geword het, het Potifar se vrou na Josef begin kyk en sy het verlief geraak op hom. Sy het vir Josef gesê: “Kom slaap by my.”
8 Maar Josef het geweier en hy het vir haar gesê: “Nee, Meneer weet dat ek alles in sy huis goed sal oppas.
9 Ek mag van alles gebruik wat hy het, maar ek mag nie seks hê met jou nie, want jy is sy vrou. Ek mag nie hierdie baie verkeerde ding doen nie. Dit is sonde teen God.”
10 Potifar se vrou het aangehou en sy het elke dag probeer om vir Josef te verlei, maar hy het nie na haar geluister nie, en hy het nie seks gehad met haar nie.