14 U jaag my nou weg, en daar is nie meer plek vir my op die aarde nie. Ek moet ook vir U wegkruip. Ek moet rondswerf en ek het nie ’n huis waar ek kan woon nie. Elkeen wat my kry, sal my wil doodmaak.”
15 Die Here het vir Kain gesê: “Nee. As iemand jou doodmaak, dan sal Ek hom baie swaar straf.”Die Here maak toe ’n merk op Kain. Die merk het almal gewaarsku om nie vir Kain dood te maak nie.
16 Kain het weggegaan van die Here.Hy het gaan woon in die land Nod. Dit was oos van Eden.
17 Kain het seks gehad met sy vrou. Sy het swanger geword en ’n seun gekry. Die seun se naam was Henog. Kain het toe ’n stad gebou en hy het die stad ook Henog genoem.
18 Henog en sy vrou het ’n seun gekry. Sy naam was Irad. Irad se seun was Megujael, en Megujael se seun was Metusael. Metusael se seun was Lameg.
19 Lameg het met twee vroue getrou – die een vrou se naam was Ada, en die ander vrou se naam was Silla.
20 Ada se seun was Jabal. Jabal was die voorvader van die mense wat in tente by hulle skape en bokke gewoon het.