18 Henog en sy vrou het ’n seun gekry. Sy naam was Irad. Irad se seun was Megujael, en Megujael se seun was Metusael. Metusael se seun was Lameg.
19 Lameg het met twee vroue getrou – die een vrou se naam was Ada, en die ander vrou se naam was Silla.
20 Ada se seun was Jabal. Jabal was die voorvader van die mense wat in tente by hulle skape en bokke gewoon het.
21 Sy broer se naam was Jubal. Hy was die voorvader van die mense wat musiek gemaak het met liere en fluite.
22 Silla se seun was Tubal-Kain. Hy het met koper en yster gewerk. Tubal-Kain se suster was Naäma.
23 Lameg het vir sy vroue gesê:“Ada en Silla, luister nawat ek sê.Ek sal die man doodmaakwat my aanval.
24 Ja, God het gesê as iemandvir Kain doodmaak,dan sal hy baie swaargestraf word.Maar ek sê: As iemandmy doodmaak,dan sal hy nog baie swaardergestraf word.”