22 Silla se seun was Tubal-Kain. Hy het met koper en yster gewerk. Tubal-Kain se suster was Naäma.
23 Lameg het vir sy vroue gesê:“Ada en Silla, luister nawat ek sê.Ek sal die man doodmaakwat my aanval.
24 Ja, God het gesê as iemandvir Kain doodmaak,dan sal hy baie swaargestraf word.Maar ek sê: As iemandmy doodmaak,dan sal hy nog baie swaardergestraf word.”
25 Die mens, Adam, het weer seks gehad met sy vrou. Sy het ’n seun gekry en hom Set genoem. Sy het gesê: “God het vir my ’n ander seun in Abel se plek gegee, want Kain het vir Abel vermoor.”
26 Set se vrou het ook later ’n seun gekry. Set het hom Enos genoem.In daardie tyd het die mense begin om die Here te aanbid.