1 Ná ’n tyd het ’n skinker en ’n bakker van die farao van Egipte iets teen die farao gedoen wat verkeerd was.
2 Die farao was baie kwaad vir hierdie twee amptenare. Hulle was die hoof van die skinkers en die hoof van die bakkers.
3 Die farao het hulle laat toesluit in die huis van die hoof van die wagte wat hom opgepas het. Dit was dieselfde plek waar Josef ’n gevangene was.
4 Die hoof van die farao se wagte het Josef gekies en aangestel om ook vir die skinker en die bakker kos te bedien. Hulle was lank in die tronk.