16 Toe die hoof van die bakkers hoor Josef het gesê die skinker se droom beteken dat dit goed sal gaan met hom, sê hy vir Josef: “Ek het ook gedroom. Ek het gedroom daar was drie mandjies op my kop.
17 In die boonste mandjie was daar lekker gebakte kos vir die farao. Maar die voëls het die kos uit die mandjie opgevreet toe die mandjie nog op my kop was.”
18 Toe sê Josef vir hom: “Ek sal vir jou sê wat jou droom beteken: Die drie mandjies beteken drie dae.
19 Oor drie dae sal die farao aan jou dink. Hy sal jou uit die tronk laat kom en hy sal jou aan ’n boom laat ophang. Die voëls sal kom en hulle sal jou vleis van jou liggaam afvreet.”
20 Drie dae later het die farao verjaar en hy het ’n groot fees gehou vir al sy mense. Hy het toe gedink aan die hoof van die skinkers en aan die hoof van die bakkers en hy het hulle uit die tronk laat kom.
21 Hy het die hoof van die skinkers weer aangestel om sy skinker te wees, sodat hy weer die wyn kon skink in die farao se beker en dit vir hom kon gee,
22 maar hy het die hoof van die bakkers laat ophang, soos Josef vir hulle gesê het.