3 Die farao het hulle laat toesluit in die huis van die hoof van die wagte wat hom opgepas het. Dit was dieselfde plek waar Josef ’n gevangene was.
4 Die hoof van die farao se wagte het Josef gekies en aangestel om ook vir die skinker en die bakker kos te bedien. Hulle was lank in die tronk.
5 Een nag het die skinker en die bakker gedroom. Elkeen se droom het iets beteken.
6 Toe Josef die volgende oggend by hulle kom, het hy gesien dat hulle bekommerd is.
7 Hy vra toe vir die amptenare: “Hoekom lyk julle vandag so bekommerd?”
8 Hulle het vir hom gesê: “Ons altwee het gedroom, en daar is niemand wat vir ons kan sê wat ons drome beteken nie.”Josef het vir hulle gesê: “Net God kan sê wat drome beteken. Vertel vir my wat julle gedroom het.”
9 Die hoof van die skinkers vertel toe sy droom vir Josef en hy sê: “Ek het gedroom ek sien ’n wingerdstok voor my.