10 ’n Tyd gelede was jy kwaad vir ons en jy het my en die hoof van die bakkers in die tronk toegesluit, in die huis van die hoof van die wagte wat jou oppas.
11 Ons het een nag gedroom, ek en hy. Elkeen het sy eie droom gehad, en elkeen se droom het iets anders beteken.
12 Saam met ons was daar ’n jong Hebreër. Hy was die slaaf van die hoof van jou wagte. Ons het vir hom vertel wat ons gedroom het, en hy het vir ons gesê wat ons drome beteken.
13 Dit het alles gebeur presies soos hy dit vir ons gesê het: Jy het my werk vir my teruggegee en jy het die bakker laat ophang.”
14 Toe het die farao vir Josef laat roep en hulle het hom gou uit die tronk gaan haal. Hy het gewas en geskeer en ander klere aangetrek en na die farao toe gegaan.
15 Die farao sê toe vir Josef: “Ek het gedroom, maar niemand kan vir my sê wat die drome beteken nie. Ek het gehoor dat jy kan sê wat ’n droom beteken as jy dit hoor.”
16 Josef het vir die farao gesê: “Dit is nie ék wat dit doen nie. Dit is Gód wat vir jou die regte antwoord sal gee.”