48 Josef het al die koring laat bymekaarmaak in die sewe jaar toe daar baie kos in Egipte was. Hy het die koring-oes van elke deel van die land gebêre in die stede wat daar naby was.
49 Josef het die koring in die stoorkamers gebêre. Dit was baie, so baie soos die sand van die see. Hy het later opgehou om alles te weeg, want dit was te veel.
50 Josef en sy vrou Asenat het twee seuns gehad. Hulle is gebore vóór die tyd toe daar hongersnood was. Asenat was die dogter van Poti-Fera, die priester van On.
51 Josef het sy oudste seun Manasse genoem. Hy het gesê: “God het my gehelp om te vergeet dat ek swaargekry het, en ook om te vergeet van my familie.”
52 Josef het sy tweede seun Efraim genoem. Hy het gesê: “God het my vrugbaar gemaak in die land waar ek baie swaar gekry het.”
53 Die sewe goeie jare het verbygegaan, die jare toe daar baie kos in Egipte was.
54 Daarna het die sewe slegte jare begin, die jare toe daar min kos was. Dit was presies soos Josef gesê het. Daar was min kos in al die ander lande, maar in Egipte was daar genoeg kos.