28 Hy sê toe vir sy broers: “Hulle het my geld teruggesit. Hier is dit in my sak.”Die broers het baie groot geskrik. Toe vra hulle vir mekaar: “Wat het God nou aan ons gedoen?”
29 Toe hulle by hulle pa Jakob in Kanaän kom, het hulle vir hom vertel wat alles met hulle gebeur het.
30 Hulle het gesê: “Die man wat die hoof van die land is, het kwaai met ons gepraat en hy het ons toegesluit in die tronk. Hy het gesê ons is spioene in sy land.
31 Ons het vir hom gesê ons is eerlike mense, ons is nie spioene nie.
32 Ons het vir hom gesê ons was twaalf broers, ons was almal seuns van dieselfde pa, een broer is dood en die jongste broer is by Pa in Kanaän.
33 Die hoof van die land het toe vir ons gesê: ‘Ek sal uitvind of julle eerlike mense is. Julle moet een van julle broers by my laat bly. Neem dan kos vir julle honger mense by die huis en gaan terug.
34 Maar julle moet julle jongste broer na my toe bring sodat ek kan weet julle is nie spioene nie, julle is eerlike mense. Dan sal ek julle broer teruggee, en dan mag julle oral in die land rondgaan.’ ”