16 Toe Josef vir Benjamin by hulle sien, het hy vir die bestuurder van sy huis gesê: “Bring die manne na my huis. Slag ’n bees en maak kos gaar, want hulle sal vanmiddag saam met my eet.”
17 Die man het gedoen wat Josef gesê het en hy het Josef se broers na Josef se huis geneem.
18 Die broers het bang geword toe hy hulle na Josef se huis neem. Hulle het gesê: “Dit is oor die geld wat die eerste maal in ons sakke was. Hulle bring ons hiernatoe om ons te vang en in die tronk toe te sluit. Ons sal hulle slawe word en hulle sal ons donkies vat.”
19 Hulle het toe gaan praat met die man wat die bestuurder was van Josef se huis. Hulle het vir hom gesê:
20 “Asseblief, Meneer, ons het voorheen hiernatoe gekom om koring te koop.
21 Toe ons by die plek kom waar ons wou slaap, het ons ons sakke oopgemaak, en toe sien ons elkeen se geld is bo in sy sak. Die geld was dieselfde soos wat ons betaal het. Nou het ons die geld teruggebring.
22 Ons het ook ander geld saamgebring om kos te koop. Ons weet nie wie ons geld teruggesit het in ons sakke nie.”