7 Hulle het gesê: “Die man het ons uitgevra oor onsself en oor ons familie. Hy het gevra of ons pa nog lewe en of ons nog ’n broer het. Ons het hom net vertel wat hy gevra het. Ons het nie geweet hy sou sê ons moet ons broer saambring nie.”
8 Juda het vir sy pa Jakob gesê: “Laat die seun saam met my gaan en laat ons gereedmaak en gaan, sodat ons en Pa en ons familie kan lewe en nie sterf van die honger nie.
9 Ek sal seker maak dat hy veilig is. Ek belowe dat ek vir Benjamin sal oppas. As ek hom nie terugbring sodat hy hier voor Pa kom staan nie, dan sal ek altyd skuldig wees by Pa.
10 As ons nie so lank gewag het nie, dan kon ons nou al twee maal daarnatoe gegaan het en teruggekom het.”
11 Hulle pa Jakob sê toe vir hulle: “As dit dan so moet wees, dan moet julle dit doen. Neem presente, die beste van ons land, in julle sakke saam en gee dit vir die man. Gee vir hom ’n bietjie balsem, ’n bietjie heuning, ’n bietjie gom, ’n bietjie hars, ’n bietjie neute en amandels.
12 Neem twee maal soveel geld saam, neem ook die geld terug wat bo in julle sakke was. Miskien was dit ’n fout.
13 Neem julle broer en gaan terug na daardie man toe.