1 Josef het vir die bestuurder van sy huis gesê: “Maak die manne se sakke vol koring. Maak dit so vol soos hulle kan dra en sit elkeen se geld terug in sy sak.
2 My beker, die silwer beker, moet jy bo in die sak van die jongste broer sit saam met die geld vir sy koring.”Die bestuurder het gedoen wat Josef vir hom gesê het.
3 Toe dit lig word die volgende oggend, het Josef se slawe die broers met hulle donkies laat gaan.
4 Die broers was nog nie ver van die stad nie, toe sê Josef vir die bestuurder van sy huis: “Volg daardie manne. As jy by hulle kom, dan moet jy vir hulle vra: ‘Hoekom doen julle slegte dinge aan my? Ek was goed vir julle.
5 Waar is die beker waaruit Meneer drink? Dit is die beker wat hy gebruik as hy vooruit wil sê wat later sal gebeur. Julle het ’n baie slegte ding gedoen.’ ”