4 Die broers was nog nie ver van die stad nie, toe sê Josef vir die bestuurder van sy huis: “Volg daardie manne. As jy by hulle kom, dan moet jy vir hulle vra: ‘Hoekom doen julle slegte dinge aan my? Ek was goed vir julle.
5 Waar is die beker waaruit Meneer drink? Dit is die beker wat hy gebruik as hy vooruit wil sê wat later sal gebeur. Julle het ’n baie slegte ding gedoen.’ ”
6 Die bestuurder het toe by die broers gekom en hy het dit vir hulle gesê.
7 Hulle het vir hom gesê: “Hoekom praat Meneer so? Ons sal nooit so iets doen nie.
8 Ons het die geld wat ons bo in ons sakke gekry het, vir jou teruggebring uit Kanaän. Ons sal nooit silwer of goud uit jou meneer se huis steel nie.
9 As jy die beker by een van ons kry, dan mag jy hom doodmaak, en dan word ons almal jou slawe.”
10 Die bestuurder sê toe: “Goed, ons sal maak soos julle sê. Maar net die een by wie ek die beker kry, sal my slaaf word, julle ander mag gaan.”