24 Josef het sy broers teruggestuur na Kanaän en hy het vir hulle gesê: “Moenie vir mekaar kwaad word en stry op die pad nie.”
25 Hulle het weggegaan uit Egipte en hulle het in Kanaän aangekom by hulle pa Jakob.
26 Hulle het vir hom vertel dat Josef nog lewe en dat hy die hoof is oor die hele Egipte. Jakob het groot geskrik en hy was baie ontsteld. Hy het hulle nie geglo nie.
27 Jakob se seuns het vir hulle pa alles vertel wat Josef gesê het. Toe Jakob die waens sien wat Josef vir hom gestuur het om op te ry, het hy opgewonde geword
28 en gesê: “Ek is tevrede. My seun Josef lewe nog. Ek wil gaan en ek wil hom sien voordat ek sterf.”