5 Julle moenie sleg voel en vir julleself kwaad wees omdat julle my verkoop het nie. God het my gestuur om voor julle hiernatoe te kom sodat ek mense se lewens kan red.
6 Dit is nou die tweede jaar dat daar hongersnood in die land is. Dit sal nog vyf jaar lank so droog wees dat die mense nie sal kan ploeg en plant nie.
7 God het my vóór julle gestuur om julle te help sodat daar van julle mense in die land kan aanhou lewe en sodat ek baie mense kan red.
8 Dit was nie júlle wat my hiernatoe laat kom het nie, dit was Gód. Hy het my gekies om vir die farao te sê wat hy moet doen. Ek is ook die hoof van die farao se hele huis, en die hoof oor die hele Egipte.
9 “Gaan nou dadelik na Pa toe en sê vir hom sy seun Josef sê: ‘God het my die hoof oor die hele Egipte gemaak. Pa moet na my toe kom, moenie wag nie.
10 Pa kan in Gosen woon en naby my wees, jy en jou kinders en jou kleinkinders en jou skape en bokke en beeste, alles wat aan Pa behoort.
11 Dan kan ek vir Pa hier sorg, want daar sal nog vyf jaar lank min kos wees. As Pa na my toe kom, dan sal Pa nie arm word nie, jy en jou seuns en almal by jou.’