21 Al die mense in die hele land het die farao se slawe geword, en hy het hulle in stede laat woon.
22 Josef het al die grond gekoop, maar nie die grond van die priesters nie, want die farao het altyd vir die priesters betaal en vir hulle kos gegee. Daarom het die priesters nie hulle grond verkoop nie.
23 Josef het vir die volk gesê: “Ek het julle en julle grond nou vir die farao gekoop. Hier is saad vir julle. Saai dit in die grond.
24 Maar wanneer julle die koring afsny, dan moet julle een vyfde daarvan vir die farao gee. Vier vyfdes van die koring-oes mag julle hou. Dit is julle saad om te saai sodat julle kos kan hê om te eet, julle en julle kinders en al die mense in julle huise.”
25 Hulle sê toe vir Josef: “Jy het ons lewe gered. Jy was goed vir ons, en ons sal die farao se slawe wees.”
26 Josef het ’n nuwe wet in Egipte gemaak wat tot vandag toe daar is. Een vyfde van alles wat die mense afsny, behoort aan die farao. Maar die priesters se grond het nie die farao se grond geword nie.
27 Jakob en sy familie het in Egipte in die land Gosen gewoon. Hulle was vrugbaar, hulle het baie geword. Hulle het ’n groot en sterk volk geword.