26 Josef het ’n nuwe wet in Egipte gemaak wat tot vandag toe daar is. Een vyfde van alles wat die mense afsny, behoort aan die farao. Maar die priesters se grond het nie die farao se grond geword nie.
27 Jakob en sy familie het in Egipte in die land Gosen gewoon. Hulle was vrugbaar, hulle het baie geword. Hulle het ’n groot en sterk volk geword.
28 Jakob het 17 jaar lank in Egipte gewoon. Toe hy 147 jaar oud was,
29 het hy gevoel sy dood kom nader. Jakob het sy seun Josef geroep en vir hom gesê: “Sal jy my asseblief help en iets vir my doen. As jy lief is vir my, sit dan jou hand onder my heup en belowe dat jy sal doen wat ek vra. Jy moet my asseblief nie in Egipte begrawe nie.
30 Wanneer ek sterf, dan moet jy my liggaam uit Egipte neem en jy moet dit gaan begrawe by my voorvaders in ons familiegraf.”Josef het gesê: “Ek sal doen wat Pa gevra het.”
31 Toe sê Jakob: “Belowe dit.”Josef het vir Jakob belowe dat hy dit sal doen. Toe het Jakob op sy bed gekniel en hy het vir God dankie gesê.