8 Die farao vra toe vir Jakob: “Hoe oud is jy?”
9 Jakob het vir die farao gesê: “Ek is 130 jaar oud. Die Here het gesê dit is hoeveel jaar ek hier op die aarde mag woon. My voorvaders het ouer geword, maar ek het baie swaar gekry.”
10 Jakob het toe vir die farao gegroet en hy het weggegaan.
11 Josef het vir sy pa en sy broers die beste deel van Egipte gegee om in te woon, soos die farao gesê het. Dit was by die stad Rameses en dit het hulle eie grond geword.
12 Josef het vir sy pa en sy broers en hulle kinders, vir sy hele familie, kos gegee.
13 Daar was baie min kos in die hele land, die hongersnood was baie swaar. Al die mense in Egipte en Kanaän het honger gely.
14 Josef het koring aan die mense van Egipte en Kanaän verkoop, en hy het al die geld gekry wat die mense gehad het. Hy het die geld na die farao se huis geneem.