23 Henog het 365 jaar oud geword.
24 Henog het God gedien, hy het naby God gelewe. Maar later was hy nie meer op die aarde nie, want God het hom weggeneem.
25 Metusalag was 187 jaar oud toe hy pa geword het van Lameg.
26 Daarna het Metusalag nog 782 jaar gelewe. Hy het ook nog ander seuns en dogters gehad.
27 Metusalag was 969 jaar oud toe hy gesterf het.
28 Lameg was 182 jaar oud toe hy pa geword het. Sy vrou het ’n seun gekry
29 en Lameg het hom Noag genoem. Lameg het gesê: “Ons werk hard met ons hande om kos te kry, want die Here het die grond vervloek. Hierdie seun Noag sal ons help sodat ons kan rus nadat ons so hard moes werk.”