15 Al die diere het twee-twee na Noag toe in die ark gekom.
16 ’n Mannetjie en ’n wyfie van elke soort dier het gekom, soos God vir Noag gesê het. Daarna het die Here die ark se deur agter hulle toegesluit.
17 Dit het 40 dae aanmekaar gereën, en die water het oor die aarde gestroom. Die water het meer en meer geword. Die water het die ark opgelig.
18 Die water het baie diep geword en die ark het bo-op gedryf.
19 Die water was bo-oor die hele aarde en oor al die hoë berge.
20 Dit het nog hoër geword en dit was later 15 el hoër as die berge.
21 Alles wat op die aarde lewe, het verdrink – al die diere wat kruip, al die voëls, die mak diere, die wilde diere en ook al die mense.