21 Alles wat op die aarde lewe, het verdrink – al die diere wat kruip, al die voëls, die mak diere, die wilde diere en ook al die mense.
22 Alles wat asemhaal, het verdrink.
23 God het alles doodgemaak wat op die aarde gelewe het. Al die mense, al die diere en al die voëls het verdrink. Net Noag en almal wat by hom in die ark was, het oorgebly.
24 Die water was 150 dae lank oor die aarde.