8 Al die rein diere, al die onrein diere, al die voëls en al die diere wat kruip, het na Noag toe gekom.
9 Hulle het twee-twee na Noag toe in die ark gekom, ’n mannetjie en ’n wyfie, soos God vir Noag gesê het.
10 Sewe dae daarna het dit begin reën, en die watervloed het oor die aarde gestroom.
11 Noag was 600 jaar oud en dit was die sewentiende dag van die tweede maand van die jaar. Die fonteine onder die grond het oopgegaan en die water het uitgekom. God het ook die water wat bokant die ronde dak is, op die aarde laat val.
12 Die reën het 40 dae en 40 nagte lank op die aarde geval.
13 Dit het begin reën dieselfde dag toe Noag in die ark ingegaan het saam met sy seuns Sem, Gam en Jafet, en ook sy vrou en sy drie skoondogters.
14 Hulle was saam met al die wilde diere, al die mak diere, al die diere wat kruip en al die voëls.