1 God het vir Noag en sy seuns geseën. Hy het vir hulle gesê: “Julle moet baie kinders kry en meer word. Julle moet die aarde vol mense maak.
2 Al die diere sal bang wees vir die mense, die wilde diere, die voëls, die diere wat kruip en die visse. Julle mag hulle gebruik.
3 Voorheen was die plante julle kos. Nou gee Ek ook vir julle die vleis van die diere om te eet.
4 Maar wanneer julle vleis eet, dan mag julle nie die bloed daarmee saam eet nie. Die lewe van die dier is in sy bloed.