16 Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, dan sal Ek daaraan dink dat Ek ’n verbond gemaak het met almal op die aarde, ’n verbond wat vir altyd sal wees.”
17 God het vir Noag gesê: “Die reënboog is die teken wat vir almal op die aarde wys dat Ek ’n verbond gemaak het met hulle.”
18 Noag het drie seuns gehad wat saam met hom in die ark was. Hulle was Sem, Gam en Jafet. Gam was Kanaän se pa.
19 Hierdie drie seuns van Noag is die voorvaders van al die mense op die aarde.
20 Noag was ’n boer en hy het ’n wingerd geplant.
21 Hy het die druiwe gepluk en wyn gemaak. Toe het hy die wyn gedrink en dronk geword. Hy het sy klere uitgetrek en hy het kaal in sy tent gelê.
22 Gam, die voorvader van die Kanaäniete, het gesien Noag was kaal, en hy het na sy pa gekyk. Hy het uit die tent gegaan en hy het dit vir sy broers gaan vertel.