10 al die stede van koning Sihon van die Amoriete tot teen die land van die Amoriete. Sihon was die koning in Gesbon.
11 Die stamme oos van die Jordaan-rivier het ook die hele land Gilead gekry en die grond van die mense van Gesur en Maäka, die hele Hermon-berg en die hele land Basan tot by die stad Salka.
12 Dit was die hele land van koning Og in Basan, hy was die koning in die stede Astarot en Edreï. Og was een van die Refaïete wat nog gelewe het. Moses het hierdie mense oorwin en weggejaag.
13 Maar die Israeliete het nie die mense van Gesur en Maäka weggejaag nie, hulle het aangehou om tussen die Israeliete te woon, en hulle is nou nog daar.
14 Moses het nie vir die Levi-stam hulle eie grond gegee nie. Die Here het vir Moses gesê die Levi-stam moet die vuur-offers kry van die Here, die God van Israel.
15 Moses het vir die Ruben-stam hulle eie grond gegee.
16 Hulle grond was die land van die stad Aroër langs die Arnon-vallei en van die stad wat binne-in die vallei is, die hele Hoëveld by die stad Medeba,