14 Moses het nie vir die Levi-stam hulle eie grond gegee nie. Die Here het vir Moses gesê die Levi-stam moet die vuur-offers kry van die Here, die God van Israel.
15 Moses het vir die Ruben-stam hulle eie grond gegee.
16 Hulle grond was die land van die stad Aroër langs die Arnon-vallei en van die stad wat binne-in die vallei is, die hele Hoëveld by die stad Medeba,
17 die stad Gesbon en al die stede daar naby op die Hoëveld. Die stede was Dibon, Bamot-Baäl, Bet-Baäl-Meon,
18 Jasa, Kedemot, Mafaät,
19 Kirjatajim, Sibma en Seret-Sagar op die heuwel in die vallei,
20 Bet-Peor, Asdot-Pisga en Bet-Jesimot.