20 Bet-Peor, Asdot-Pisga en Bet-Jesimot.
21 Dit was al die stede op die Hoëveld, die hele land van koning Sihon van die Amoriete. Sihon was die koning in Gesbon. Moses het vir Sihon oorwin saam met die leiers van die Midianiete. Die leiers was Ewi, Rekem, Sur, Gor en Reba. Hulle was amptenare van Sihon en hulle het in die land gewoon.
22 Die Israeliete het ook die waarsêer Bileam seun van Beor doodgemaak saam met ander manne wat in die oorlog gesterf het.
23 Die grond van die Ruben-stam was langs die Jordaan-rivier. Dit was die grond van die families van die Ruben-stam, en dit was die stede en die dorpies daar naby.
24 Moses het vir die families in die Gad-stam hierdie grond gegee:
25 Hulle land was die stad Jaser, die helfte van die land van die Ammoniete tot by die stad Aroër naby die stad Rabba.
26 Hulle grond was ook van die stad Gesbon tot by die stede Ramat-Mispe en Betonim, en van die stad Maganajim tot by die stad Lo-Dabar,