24 Moses het vir die families in die Gad-stam hierdie grond gegee:
25 Hulle land was die stad Jaser, die helfte van die land van die Ammoniete tot by die stad Aroër naby die stad Rabba.
26 Hulle grond was ook van die stad Gesbon tot by die stede Ramat-Mispe en Betonim, en van die stad Maganajim tot by die stad Lo-Dabar,
27 en in die Jordaan-vallei die stede Bet-Haram, Bet-Nimra, Sukkot en Safan. Dit is die deel van die land van koning Sihon van Gesbon wat oorgebly het. Dit was oos van die Jordaan-rivier tot by die Gennesaret-meer.
28 Dit is die land van die families in die Gad-stam, die stede en die dorpies daar naby.
29 Moses het vir die families in die halwe Manasse-stam hierdie grond gegee:
30 Van die stad Maganajim het hulle die hele land Basan gekry, die hele land van koning Og van Basan, al die kampe van Jaïr wat in Basan is. Dit was almal saam 60 stede.