1 Hier is die grond wat die Israeliete in die land Kanaän gekry het. Die priester Eleasar en Josua seun van Nun en die familiehoofde van die stamme van die Israeliete het die grond vir hulle gegee.
2 Hulle het lootjies getrek om vir elkeen van die nege en ’n halwe stamme sy grond te gee. Die Here het vir Moses gesê hulle moet dit doen.
3 Moses het vir die ander twee en ’n halwe stamme grond gegee oos van die Jordaan-rivier, maar hy het nie vir die Leviete grond gegee saam met die ander stamme nie.
4 Daar was 13 stamme, want die nageslag van Josef was twee stamme, Manasse en Efraim, maar net twaalf stamme het grond gekry, want hulle het nie vir die Leviete ’n deel van die land gegee nie. Die Leviete het net stede gekry waar hulle kon woon en hulle het ook weiveld vir hulle diere gekry.
5 Die Israeliete het gedoen wat die Here vir Moses gesê het, hulle het die land verdeel.
6 Toe die mense van Juda by Josua in Gilgal kom, het Kaleb, seun van Jefunne, ’n Kenissiet, vir Josua gesê: “Jy wéét wat die Here in Kades-Barnea oor my en jou gesê het. Die Here het dit vir Moses, die man van God, gesê.