4 Daar was 13 stamme, want die nageslag van Josef was twee stamme, Manasse en Efraim, maar net twaalf stamme het grond gekry, want hulle het nie vir die Leviete ’n deel van die land gegee nie. Die Leviete het net stede gekry waar hulle kon woon en hulle het ook weiveld vir hulle diere gekry.
5 Die Israeliete het gedoen wat die Here vir Moses gesê het, hulle het die land verdeel.
6 Toe die mense van Juda by Josua in Gilgal kom, het Kaleb, seun van Jefunne, ’n Kenissiet, vir Josua gesê: “Jy wéét wat die Here in Kades-Barnea oor my en jou gesê het. Die Here het dit vir Moses, die man van God, gesê.
7 Ek was 40 jaar oud toe Moses, die dienaar van die Here, vir my van Kades-Barnea gestuur het om te kyk hoe die land is. Ek moes eerlik vir hom kom sê wat ek gesien het.
8 Die manne wat saam met my gegaan het, het dinge gesê wat die mense bang gemaak het, maar ek self het aangehou om my God die Here te dien.
9 Moses het daardie dag vir my belowe en hy het gesê die Here is die getuie. Moses het gesê: ‘Die land wat jy gesien het, sal altyd jou land en jou nageslag se land wees omdat jy aangehou het om die Here te dien.’
10 Daarom, die Here het my laat aanhou lewe hierdie 45 jaar nadat die Here dit vir Moses gesê het toe die Israeliete deur die woestyn geloop het. Ek is nou 85 jaar oud,