1 Hulle het lootjies getrek vir die families in die Juda-stam en hulle het vir hulle die land gegee tot ver suid van die Sin-woestyn, teen die grens van Edom.
2 Die suidgrens van Juda begin by die Sout-see, by die punt wat suid is
3 en dan gaan die grens suid van Skerpioen-pas verby na die stad Sin. Daarna gaan die grens op na ’n plek suid van die stad Kades-Barnea en dan verder verby die stad Gesron. Daarna gaan die grens op na die stad Addar en dan draai dit na die stad Karka.
4 Daarna gaan die grens verby die stad Asmona en dan saam met Egipte-spruit tot by die see. Dit is die suidgrens van Juda.
5 Die oosgrens van Juda is die Sout-see tot waar die Jordaan-rivier in die see vloei.Die noordgrens begin waar die Jordaan-rivier in die see vloei.
6 Daarna gaan dit op na die stad Bet-Gogla, en dit gaan noord langs die stad Bet-Araba verby. Dan gaan die grens op na die Klip van Bohan seun van Ruben.