3 en dan gaan die grens suid van Skerpioen-pas verby na die stad Sin. Daarna gaan die grens op na ’n plek suid van die stad Kades-Barnea en dan verder verby die stad Gesron. Daarna gaan die grens op na die stad Addar en dan draai dit na die stad Karka.
4 Daarna gaan die grens verby die stad Asmona en dan saam met Egipte-spruit tot by die see. Dit is die suidgrens van Juda.
5 Die oosgrens van Juda is die Sout-see tot waar die Jordaan-rivier in die see vloei.Die noordgrens begin waar die Jordaan-rivier in die see vloei.
6 Daarna gaan dit op na die stad Bet-Gogla, en dit gaan noord langs die stad Bet-Araba verby. Dan gaan die grens op na die Klip van Bohan seun van Ruben.
7 Daarna gaan die grens van die Akor-vallei na die stad Debir, en dan draai dit noord na die stad Gilgal oorkant Adummim-pas, suid van die vallei. Die grens gaan dan verby na Semes-fontein en tot by Rogel-fontein.
8 Dan gaan die grens op deur die Ben-Hinnom-vallei tot suid van Jebusiete-berg, dit is Jerusalem, en dan gaan dit op na die boonste punt van die berg wes van die Ben-Hinnom-vallei langs die noordekant van Spook-laagte.
9 Van die boonste punt van die berg draai die grens na Neftoag-fontein, dan verder na die stede teen Efron-berg, en dan draai dit na die stad Baäla, dit is Kirjat-Jearim.