8 Dan gaan die grens op deur die Ben-Hinnom-vallei tot suid van Jebusiete-berg, dit is Jerusalem, en dan gaan dit op na die boonste punt van die berg wes van die Ben-Hinnom-vallei langs die noordekant van Spook-laagte.
9 Van die boonste punt van die berg draai die grens na Neftoag-fontein, dan verder na die stede teen Efron-berg, en dan draai dit na die stad Baäla, dit is Kirjat-Jearim.
10 Van Baäla draai die grens wes na Seïr-berg, en dan langs die noordekant van Jearim-berg, dit is Kesalon, en dan af na die stad Bet-Semes en verby die stad Timna.
11 Die grens gaan daarna tot by die noordekant van die stad Ekron, dan draai dit na die stad Sikkaron. Dan gaan dit verby Baäla-berg na die stad Jabneël en daarna tot teen die see.
12 Die wesgrens van Juda is die strand van die Groot See.Dit is die grense van die grond van die families in die Juda-stam.
13 Josua het vir Kaleb seun van Jefunne ’n deel van die land gegee tussen die Juda-mense. Dit was die stad Hebron, hulle het die stad voorheen Kirjat-Arba genoem. Arba was die pa van Enak. Die Here het vir Josua gesê hulle moet die plek vir Kaleb gee.
14 Kaleb het die Enak-mense Sesai, Agiman en Talmai weggejaag uit Hebron. Hulle was die nageslag van Enak.