1 Hulle het lootjies getrek en hulle het vir die nageslag van Josef die grond gegee wat begin by die Jordaan-rivier naby Jerigo, oos van die Jerigo-fonteine. Die grens gaan van Jerigo deur die woestyn na die Bet-El-berge,
2 en van Bet-El na die stad Lus, en dan verby die grens van die Arkiete na die stad Atarot.
3 Daarna gaan die grens wes na die grens van die Jafletiete tot teen die grens van die stad Bet-Goron-Onder en die stad Geser, en dan tot teen die see.
4 Dit is die grond wat die nageslag van Josef, die stamme Manasse en Efraim, gekry het.