21 Remet, En-Gannim, En-Gadda en Bet-Passes.
22 Hulle grens gaan langs die stede Tabor, Sagasajim en Bet-Semes verby en dan tot teen die Jordaan-rivier. Hulle het 16 stede en die dorpies daar naby gekry.
23 Hierdie stede en die dorpies daar naby behoort aan die families in die Issaskar-stam.
24 Josua het die vyfde lootjie getrek, die families in die Aser-stam het toe hulle grond gekry.
25 Die stede wat aan hulle behoort, is: Gelkat, Gali, Beten, Aksaf,
26 Alammelek, Amad en Misal. By die westekant gaan die grens langs Karmel-berg en die stad Sigor-Libnat verby.
27 Dan draai die grens oos na die stad Bet-Dagon, en dit gaan langs die grond van die Sebulon-stam en by die stad Ge-Jiftag-El verby na die noorde, na die stede Bet-Emek en Neïel, en dan na die stad Kabul in die noorde