3 Gasar-Sual, Baäla, Esem,
4 Eltolad, Betul, Gorma,
5 Siklag, Bet-Markabot, Gasar-Susim,
6 Bet-Lebaot en Sarugen. Hulle het hierdie 13 stede en die dorpies daar naby gekry.
7 Hulle het ook die vier stede Ajin, Rimmon, Eter en Asan gekry en die dorpies daar naby,
8 en ook nog al die dorpies naby die stede tot by die stede Baälat-Beër en Rama in die Suid-land. Dit was die stede van die families in die Simeon-stam.
9 Die stam het ’n deel van Juda se grond gekry, want die grond wat Juda gekry het, was te veel vir hulle. Die Simeon-stam het grond gekry binne-in die Juda-stam se grond.