48 Hierdie stede en die dorpies daar naby het behoort aan die families in die Dan-stam.
49 Nadat die Israeliete klaar vir elke stam sy deel van die land gegee het, het hulle vir Josua ook ’n stuk grond tussen hulle gegee.
50 Die Here het gesê hulle moet vir Josua die stad gee wat hy vra. Dit was Timnat-Serag in die Efraim-berge. Josua het die stad reggemaak en hy het daar gaan woon.
51 Dit was al die grond wat die priester Eleasar en Josua seun van Nun en die familiehoofde vir die Israeliete gegee het. Hulle het lootjies getrek voor die Here in die stad Silo, by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.