14 Die mans het vir haar gesê: “As julle sterf, dan moet ons ook sterf. As julle nie sê wat ons hier kom doen het nie, en as die Here die land vir ons gee, dan sal ons ook goed wees vir julle, ons sal doen wat ons belowe.”
15 Ragab het die twee mans toe met ’n tou deur die venster laat sak, want haar huis was op die muur van die stad, sy het op die muur gewoon.
16 Sy het vir die twee mans gesê: “Julle moet na die berge gaan, sodat die mense wat vir julle soek, julle nie kan kry nie. Julle moet drie dae lank daar wegkruip, daarna kan julle teruggaan op dieselfde pad wat julle gekom het.”
17 Die mans het vir haar gesê: “Ons sal doen wat ons vir jou belowe het.
18 Maar wanneer ons die land aanval, dan moet jy hierdie rooi tou vasbind aan die venster waar jy ons laat afsak het, en jy moet jou ouers en broers, jou hele familie, in jou huis laat bymekaarkom.
19 As ’n persoon uit jou huis buitetoe gaan, en ons mense maak hom dood, dan sal dit sy eie skuld wees. Maar dit sal ons skuld wees as ons mense iemand doodmaak wat in jou huis is.
20 En as jy sê dat ons hier was, dan sal ons nie doen wat ons belowe het nie.”